Local newsNews

Motorfietsklubs maak koskasprojek moontlik

Motorfietsryers in Randfontein dra by tot Woord en Lig Christen Kerk se koskasprojek.

Woord en Lig Christen Kerk het vir ‘n geruime tyd die behoefte om ‘n koskasprojek te loods. Verskeie motorfietsklubs in die dorp het toe besluit om die koskasprojek moontlik te maak.

Volgens Martie Erasmus van Woord en Lig Christen Kerk het lede van Road Eagles en CMA Motorfietsklub die ander motorfietsklubs in die omgewing genader om deel aan die projek te neem.

“Al die klubs wat aan die projek deelgeneem het, het verskeie nie-bederfbare kossoorte by die kerkgebou kom aflaai. Daar was so baie kos dat ons koskas nou behoorlik gepak is vir wanneer ons dit benodig,” vertel Martie.

Martie bedank al die motorfietsryers vir hul bydrae tot die sukses van die projek.

Related Articles

Back to top button