Local newsNews

Droogeheuwel kroon hul top sangers

Die wenners van die Klipdrift Idols word by Droogeheuwel aangewys.

Na weke se optredes deur die beste sangers aan die Wes-Rand was dit op 21 Augustus die finaal van die Droogeheuwel Klipdrift looklocal Idols kompetisie.

Die top vyf sangers wat na die finaal deurgedring het was Nadine Myburgh, Shaun Schoombie, Riaan Oberholzer, Nadia Els en Peet Bezuidenhout.

Na afloop van dié vyf sangers se optredes is Shaun, Nadia en Peet as die top drie aangekondig. Volgens die bestuur van Droogeheuwel was dit ‘n naelbytstryd en was dit baie moeilik om die top drie aan te wys. Om een van die beoordeelaars te wees was nie maklik nie. Die talent was ongelooflik. Aan die einde van aand het Nadia met die kontant prys van R10 000 en die algehele eerste plek weggestap.

Peet Bezuidenhout het ‘n algehele tweede plek verower en met ‘n kontantprys van R1 000 weggestap. Shaun Schoombie het ‘n R500-kontantprys vir sy welverdiende derde plek ontvang.

Johan en Jane van Vuuren, die eienaars van Droogeheuwel, wil Boats van Distell bedank vir die geleentheid om Klipdrift looklocal Idols aan te bied.

“Ook ‘n spesiale woord van dank aan Reinhardt Massyn Productions vir die organisering van die kompetisie asook Anton Loxten van Loxten Productions vir die uitmuntende aanbieding van die kompetisie,” vertel Johan.

‘n Groot dankie aan Phyllis Kloppers van Pee Kay Photography vir al die fotografie-dekking gedurende die kompetisie. Die top drie sal op 4 September aan die semifinaal by Silverstar Casino deelneem.

Related Articles

Back to top button