Local news

Viervoetige kinders deur motorfietsklub bederf

Naughty by Nature het tydens hul Fluff en Blaf Dag talle items ingesamel wat vir verskeie diere organisasies sal gaan.

Die lede van die Naughty By Nature-motorfietsklub het viervoetige kinders eerste gesit tydens hul Fluff en Blaf Dag op 24 Junie.

• Lees ook: Naughty by Nature MCC receives trophy from RandWest SPCA

Jaco Rothman en Manie du Plessis saam met Vellies, die hond. Foto: Michelle Roodt.

Een van die organiseerders, Yolandè Rothman het verduidelik dat dit ‘n jaarlikse instelling is wat hul vir plaaslike organisasies, wat goedere nodig het, hou.

Vanjaar het hul besluit om die diere te help en het reeds ‘n vrag vol goedere gehad wat opgedeel sal word tussen verskeie organisasies.

Sommige van die items wat gedurende die dag ingesamel is. Foto: Michelle Roodt.

• Lees ook: Bikers join the quest to save the SPCA

Hul gaan vanjaar vir die Rand-Wes DBV, Pug Rescue South Africa en ‘n plaaslike toevlugsoord vir katte donasies skenk.

Related Articles

 
Back to top button