Local news

Jong man sedert die naweek vermis

Hy was ongeveer 17:00 te voet op pad winkel toe vanaf sy huis in Langermanstraat in Randgate.

Die 25-jarige Corne Hanzen is sedert Saterdag, 20 Mei vermis.

• Also read: How to report a missing loved one to the police

Sy pa se verloofde, Janine Venter, het vertel dat hy ongeveer 17:00 te voet op pad was winkel toe vanaf sy huis in Langermanstraat, Randgate maar het nooit teruggekom nie.

“Corne is stom en dra ‘n gehoorstuk, hy het donkerbruin hare en bruin oë.”

Corne Hanzen is vanaf Saterdag, 20 Mei vermis. Foto ingestuur.

Volgens Venter het hy ‘n swart denim, ‘n swart kappie-baadjie (hoodie), blou hemp en swart tekkies aangehad. Sy baard is geskeer en hy dra ook ‘n bril. Hanzen is ook een van ‘n tweeling en sy boetie, Daniel, is ook stom.

• Also read: Police need help in locating missing person

Venter het vertel dat hulle bekommered geraak het toe Hanzen nie terugkeer nie. Hul het toe besluit om ‘n vermiste persoon saak oop te maak.

As enigiemand inligting het skakel vir Janine by 071 711 2051.

Related Articles

 
Back to top button