Local newsUpdate

‘Ons gaan Leon oneindig mis’ – Hefer-gesin

Gesin reik verklaring uit na die hartseer afsterwe van bekende besigheidseienaar Leon Hefer.

Die Hefer-familie het ‘n verklaring uitgereik ure na die skokkende onthulling dat die welbekende besigheidseienaar en gemeenskapslid, Leon Hefer, se liggaam gevind is.

Die gemeenskap asook familie is vanoggend geruk weens die tragiese nuus dat Hefer se liggaam Donderdagoggend, 23 Maart in Ivory Park gevind is. Hy was sedert 21 Maart as vermis aangemeld.

• Lees oorspronklike storie hier: Body found in Ivory Park is that of missing businessman Leon Hefer 

Die Hefer-familiewoordvoerder, Appel Ernst, sê dit is met skok dat hulle verneem van die afsterwe van hul vader, broer en vriend Leonardo Hefer.

“Leon is op Dinsdag, 21 Maart die laaste keer in Randfontein opgemerk. Hierna het hy spoorloos verdwyn. Familie en vriende asook die breër gemeenskap van Randfontein het onmiddellik met soektogte begin om hom op te spoor. Die polisie-ondersoek het vanoggend aan die lig gebring dat Leon oorlede is.”

Sy het bygevoeg dat Leon se familie almal graag wil bedank.

Ons wil ons waardering uitspreek teenoor elke persoon wat ons bygestaan en ure spandeer het om te help met soektogte. Dankie vir elke oproep, boodskap en ondersteuning wat ons ontvang het. Ons almal gaan vir Leon oneindig mis.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button