Sport

‘n Gedraf en trap vir RandMark in Ottosdal

RandMark-lede wat aan die taai Ottosdal Draf en Trap in die Noord-Wes deelgeneem het, het klaargemaak.

Talle lede van RandMark het onlangs die genotvolle Ottosdal Draf en Trap in die Noord-Wes aangepak wat einde verlede maand plaasgevind het.

Klubwoordvoerder Lee Kotze het vertel dat vanjaar die eerste keer sedert 2020 was wat die plattelandse dorp weer die geleentheid kon aanbied. Sy het verduidelik dat die dorp ‘n hele naweek se aktiwiteite vir die gesin aangebied het.

Talle RandMarkers was gereed vir die Ottosdal Draf en Trap. Foto ingestuur.

“Die idee is dat mense op die kerk se gronde kamp. Die naweek se aktiwiteite skop reeds op die Vrydagmiddag af waar die registrasies plaasvind. Hier kan feesgangers ook saam pasta eet om die gees af te skop. Saterdagoggend was dit die fietsry aktiwiteite gewees en deelnemers kon kies of hulle aan die bergfiets- of padfietsresies wil deelneem.”

Hendrik Naude, Karen Bezuidenhout en Butch Groblaar. Foto ingestuur.

Sy sĂŞ die oggend was reeds vroeg bloedig warm en almal was gretig om te begin.

“Die hitte het sy tol op sekere fietsryers geëis maar dit was niks ernstigs nie en het almal klaargemaak.”

Lee het self ‘n algehele eerste plek in die bergfietsresies vir vroue, ‘n uitdagende afstand van 60km, behaal.

“Vir die res van die dag het almal rustig gekuier en geswem in die plaasdam. Saterdagaand het beteken dat daar gehardloop moes word en deelnemers kon kies tussen 10km, 21km of 42km en aan die einde van die naweek het deelnemers ‘n spesiale tweekamp-medalje ontvang.”

Bruce Minnie, Lee Kotze en Maude Badenhorst. Foto ingestuur.

Sy het gesĂŞ dat die oggend se fietsry was swaar op die bene, maar weereens was daar geen beserings of ander negatiewe gevalle nie en nadat almal gehardloop het is die Randmarkers terug tente toe waar daar tot laat gebraai en gesels was oor die dag se uitdagings.

“Sondagoggend het die kerk vir almal ‘n plaasontyt reg gehad en dit was net die regte manier om ‘n heerlike naweek af te sluit. Die plaasdam het ons op die uur koel gehou tydens die bloedige Ottosdal hitte en elke aand het ons om die vuur onder die sterre gekuier. Die Ottosdal Draf en Trap-fees was ‘n groot sukses en die Randmarkers praat reeds daarvan om volgende jaar dit weer te doen.”

Related Articles

Back to top button