KidsLocal newsPre-SchoolSchools

Ramkriekies vier dag van liefde

Die kleuters van Ramkriekies Kleuterskool het pragtig gelyk in hul rooi en wit uitrustings ter viering van Valentynsdag.

Die kleuters van Ramkriekies Kleuterskool was mooi getooi in rooi vir Valentynsdag.

Lees ook: How to celebrate Valentine’s Day, and include the kids!

Taya Coetzee en MJ du Plessis.
Mieke van Deventer.

Almal het te fraai gelyk in rooi en wit, met hartjies orals te sien. Met talle rooi en wit strikkies in die meisies se hare en die seuns ook al te netjies aangetrek was almal reg om die dag van liefde saam te vier.

Lees ook: Valentine’s Day Craft: Felt hearts

Leungo Masala.
Twanè Pruis en Marinè du Plessis.

Die weer het ook lekker saam gespeel met die sonnetjie wat heerlik geskyn het; net betyds om hierdie vrolike dag wat jaarliks gevier word ekstra spesiaal te maak. Daar was drukkies uitgedeel en elke leerder het ook iets vir hul soettand gekry.

Op die speelgrond was daar ook glad nie ‘n tekort aan glimlagte nie!

Joey-Lee Latsky en Zianè van Staden.
Mia van der Merwe.

Related Articles

Back to top button