CrimeLocal newsNews

Huisbraak, diefstal en saakbeskadiging volop – EPR

'n Totaal van 29 insidente – meestal huisbraak – is van 28 November tot 4 Desember vir Rand-Wes gerapporteer volgens EPR Sekuritiet se jongste misdaadverslag.

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag toon dat daar 29 insidente van Maandag, 28 November tot Sondag, 4 Desember gerapporteer is.

Volgens EPR se algemene bestuurder, Johan Krogh het 15 insidente by besighede, 11 by woonpersele en drie by skole plaasgevind.

Huisbraak was bo aan die lys met agt insidente, diefstal met ses insidente, gevolg deur saakbeskadeging en betreding met vier insidente elk.

EPR se volledige verslag:

EPR se volledige misdaadverslag vir Randfontein vir die tydperk van Maandag, 28 November tot Sondag, 4 Desember. Foto: EPR Facebook-blad.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button