EntertainmentLocal news

Plaaslike prokureur nou ook Mrs Africa Classic titelhouer

Rosa van Niekerk gaan haar titel gebruik om verandering te bring by vroue.

Plaaslike inwoner, titelhouer en prokureur Rosa van Niekerk is onlangs gekroon as die Mrs Africa Classic wenner.

Die 46-jarige het vertel dat sy baie bly is en voel ongelooflik dankbaar dat God vir haar die deur oopgemaak het en dat dit ‘n seën is.

Die kompetisie het van 20-25 November aan boord die MSC Orchestra plaasgevind wat van Durban na Mosambiek gevaar het. Die skip het by die Pomene-eiland gestop sodat die finaliste ‘n uitreik kon doen vir die inwoners en het herbruikbare sanitêre doekies van die African Queen Foundation sowel as klere, skool benodighede en verskeie ander goedere aan die gemeenskap oorhandig.

“Ek het met geen vorige ondervinding op die ouderdom van 40 my eerste kompetisie gedoen – die Mrs Grand South Africa en in 2023 gaan ek Suid-Afrika verteenwoordig by die Transcontinental Pageants in Amerika.”

Sy het vertel dat elke keer wat sy deelneem aan ‘n kompetisie gee dit vir haar ‘n groter platform wat sy kan gebruik in haar veldtog teen geslagsgebaseerde geweld.

“Ek is ongelooflik dankbaar dat ek weereens die wenner kon wees, ek weet dat ek nog ‘n geleentheid gekry het om ‘n verskil in my samelewing en ander se lewens te maak. Dit gaan nie oor die kroon nie, maar wat jy daarmee doen.”

Related Articles

Back to top button