MunicipalOpinion

Hoe lank moet ons sonder krag sit?

'Ons wag nogsteeds dat hulle uitkom om dit te kom regmaak' – inwoner oor weerlig wat krag uitgeslaan het sedert 26 Nov.

• Ria Smit/ Anoniem skryf:

Hoe lank moet ‘n mens sonder krag sit?

Veral as dit Eskom se plig is om iets reg te maak na honderde rande vir oproepe, e-posse en ry na die kantore toe vir hulp. Dit nou al van Saterdag, 26 November.

Die weerlig het die fases uitgeslaan by die paal op die plaas hier op Witfontein.

Ons wag nogsteeds dat hulle uitkom om dit te kom regmaak. En as jy bel bly die persoon sê “die probleem is opgelos” maar die probleem is nogsteeds daar.

So, wat en waar moet ons gaan kla en vra vir hulp?

Hier is werkers met kinders en ons het kinders. Niks water meer nie.

Kan iemand asb help!?

Teen druktyd was die probleem steeds nie opgelos nie — Ed.

Related Articles

Back to top button