Local newsUpdate

Wonderwerk toe R’fontein man grusame ongeluk by Pinehaven-kruising oorleef

Arno van Loggenberg van Randfontein is een van die oorlewendes van die grusame vragmotor ongeluk by die Pinehaven-kruising. Sy ma het met die Herald gesels oor sy toestand.

Die ma van ‘n jong man wat verlede week die gru-ongeluk by die Pinehaven-kruising oorleef het, het dit as ‘n wonderwerk beskryf.

ER24 het bevestig dat ‘n man en vrou gesterf het en dat daar ten minste drie ander ernstig beseer is nadat twee vragmotors met twee ligtevoertuie in die vroeë oggendure by die kruising gebots het.

Alhoewel die polisie nog nie ‘n verklaring uitgereik het nie, het Netcare 911 se Shawn Herbst beweer dat die bestuurder van ‘n vragmotor beheer verloor het soos wat dit besig was om by die R28 bult vanaf Krugersdorp na die N14 snelweg, af te ry.

Lees ook: Pinehaven horror crash: Two dead, three injured 

Die 24-jarige Arno van Loggerenberg van Randridge, Randfontein was ‘n passasier in die geel VW Beetle wat deur die vragmotor vernietig was tydens die ongeluk.

Die 24-jarige Arno van Loggerenberg van Randridge, Randfontein was ‘n passasier in die geel VW Beetle wat deur die vragmotor vernietig was tydens die ongeluk. Hy het die ongeluk oorleef en sy ma, Madre het vertel dat haar seun tans kritiek, maar stabiel, in hospitaal is.

“Hy moet nog baie operasies ondergaan,” het sy vir die Herald vertel.

Madre vermoed die ongeluk het net na 06:15 op 7 Oktober gebeur.

“Ek het hom so 06:00 by Key West Winkelsentrum afgelaai. Hy het saam met ‘n vriend werk toe gery. Hulle ry die pad nou al die laaste maand aangesien Arno so ‘n maand terug begin werk het.”

Sy het verduidelik dat daar reeds so baie stories van die ongeluk is en dat hul nog wag vir die polisie se verslag.

“Maar een ding wat ek nie ophou aan kan dink nie is hoekom daar nie van die sandbank op daardie afdraande pad gebruik gemaak is nie! Daar is borde wat die trokke wys dat hulle in die linkerbaan moet hou en 40km per uur moet ry, daar is ook ‘n stopteken waar hul moet stop! Hoekom is dit nie gebruik nie!”

Madre vertel dat sy nie vir beter hulp en ondersteuning vir haar seun kon vra nie.

“Van die oomblik toe ek in loop tot en met vandag is daar mense met groot harte. Van sy suster wat waak by hom wat net awesome is tot die dokter wat tyd maak vir jou en wat selfs ‘n drukkie aanvaar en trane in hulle oë kry.”

Arno het baie seergekry, meestal op die regterkant van sy liggaam, maar veral op sy kop en skedel. Hy het ook baie swelling en bloeding op die brein en het verskeie frakture opgedoen in sy gesig, sy een arm en heup, bekken en enkel. Daar is ook vloeistof rondom sy ruggraat. Arno word ook behandel vir organe wat seergekry het as gevolg van die ongeluk, terwyl hy ook behandel word vir brandwonde van die teer wat sny plekkies en kneusing veroorsaak het tydens die ongeluk.

Sy het vertel dat toe sy uitvind wat gebeur het was sy geskok en het onbeheersaam geruk van woede. Sy was daarna so kwaad vir wat gebeur, maar tog meer oorval met hartseer.

“Ek is maar ‘n normale ma wat baie bekommerd is oor haar hart se punt – haar kinders.”

Sy vertel dat Arno nou eers weer begin werk het.

“Hy werk aan karre en dit is sy passie, veral sportskarre. Hy is ook baie lief vir sy familie en sy worshonde, die diere op die plot en sy medemens. Arno het die wêreldse geduld vir almal en hy sal niemand sleg sê nie en niemand nakom nie, want dit is wie hy is.”

Sy het vertel dat mense hul tans kan help deur te bid, glo en nóg te bid. Ongelukkig is hul finansieël nie wel af nie en Madre sê hul het elke maand net deurgekom met wat hulle het en haar begroting maak nie voorsiening vir so iets nie.

“Arno veg vir sy lewe in die hoësorg van die hospitaal en op die pad vorentoe kan ek nie sê nie, maar ek het gesê ek vat elke dag soos hy kom met elke uitdaging en elke terugslag op sy tyd – dit help nie om top oor ‘wat as’ nie.”

Arno het tans nie mediese fonds om te help met sy sorg nie en die gesin vra om hulp met sy onkostes. Indien jy kan help, skakel vir Madre op 084 291 2802.

Die Herald/ News is tans in kontak met die familie van die bestuurder van die VW Beetle wat gesterf het. Ander families is ook welkom om ons by 011 955 1130 of 074 657 0488 te skakel — Red.

Related Articles

Back to top button