School sportSport

RAM bo in krieketstryd teen Rappies

Uitblinkers met die kolfwerk was Francois Strydom wat 80 lopies van 83 balle nie uit nie geslaan het en Drew Phillips wat 55 lopies van 32 balle gemoker het.

Twee plaaslike laerskole het onlangs mekaar die stryd op die krieketveld aangesê.

Laerskool Randfontein en Laerskool Rapportryer het op Hoërskool Riebeeckrand se velde kragte gemeet waartydens RAM vir Rappies met 187 lopies geklop het.

Volgens die afrigters Rikus Kruger en Patrick Masser het RAM van die begin af die oorhand gehad.

Francois Strydom. Foto: Robbie van Coller.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat ‘n goeie basis deur topgehalte kolfwerk gelê is, waarna RAM se boulers Rappies vroeg op die agtervoet gehad toe hul kolwer been voor paaltjie betrap is.

Die boulers het verder skade aangerig en die penne het die een na die ander geval. Die laaste kolwer is uitgehardloop danksy pragtige veldwerk deur Kale Pienaar.”

Die hele span was uitblinkers, maar Annie het vertel dat ‘n twee kolwers se name genoem behoort te word. Francois Strydom het 80 lopies van 83 balle nie uit nie geslaan, en Drew Phillips het 55 lopies van 32 balle gemoker.

Laerskool Randfontein is baie trots op die krieketspelers wat ‘n fantastiese seisoen met menige hoogtepunte beleef.

Magdaleen Ernst. Foto: Robbie van Coller.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button