Opinion

BRIEF: Boere moet vasbyt en bly hoop, sê TLU SA president

'Dit is moeilike tye vir Suid-Afrikaners, maar almal moet aanhou werk om ’n toekoms vir die nageslag te laat' – President van TLU SA.

• Henry Geldenhuys, President van TLU SA skryf:

Moed opgee en hoop verloor mag nie deel van die Suid-Afrikaanse boer se DNS wees nie.

Van die belangrikste onderwerpe wat deur die loop van die onlangse jaarlikse TLU SA Kongres bespreek is, is die toename in misdaad en die groot onsekerheid oor grondonteiening. Die tema van die 2022 kongres is “Reik na die Toekoms”.

Dit is moeilike tye vir Suid-Afrikaners, maar almal moet aanhou werk om ’n toekoms vir die nageslag te laat.

Ons sal moet vasbyt, sterk staan en ons rûe styf maak. Kom ons ontgin en benut geleenthede wat oor ons pad kom en reik saam na die toekoms.

Misdaad in ons land is buite beheer. Plaasaanvalle en -moorde vind steeds byna daagliks plaas. Vanjaar was daar reeds 106 aanvalle en 28 moorde. Sedert 1990 tot vandag is 6 115 aanvalle en 2 198 moorde aangemeld. Elke individu moet verantwoordelikheid neem vir sy eie veiligheid en gesamentlik met sy gemeenskap toesien dat daar gemeenskapsveiligheidsplanne geïmplementeer word.

Opleiding in al sy fasette moet deurlopend plaasvind en bygewoon word as ons wil aanhou boer. Die mees onlangse nasionale moordsyfer wys dat daar 71 mense per dag in ons land vermoor word. Dit is een lewe elke drie uur.

Diefstal van algemene landbouprodukte bly steeds ’n groot probleem, ook diefstal van infrastruktuur soos koperkabels en heinings word meer en meer ondervind aangesien dit gou in geld omgesit kan word.

Wat veediefstal aanbetref sien ons ’n reuse afname omdat net sowat 20% van die voorvalle aangemeld word.

Also read: Stock theft rife in small rural town in Westonaria: Police visit owners

Dit beteken een ding – gemeenskappe het vertroue in die polisie en die regstelsel verloor. Binne ons veiligheidskomitee is daar dan ook nou ’n subkomitee gestig met sy eie voorsitter en verteenwoordiging uit elke streek wat net op veediefstal gaan fokus.

‘n Gasspreker en ekonoom, Dawie Roodt, het gepraat oor die impak van die regering se beleid op die breë ekonomie en die gevolge daarvan vir die landbouer in Suid-Afrika.

Dit is nodig dat die regering besef dat grond op sy eie geen waarde het nie. Die boer moet weet wat om met die grond te doen en dit is wat saak maak,” het Roodt oor grondonteiening gesê.

Related Articles

Back to top button