CrimeUpdate

Meer as 30 insidente dié week, meeste huisbraak – EPR-misdaadverslag

Jongste volledige misdaadverslag van EPR wys 31 insidente waarvan meeste by residensiële persele was – huisbraak, saakbeskadiging en betreding volop.

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag toon dat 31 insidente van Maandag, 8 Augustus tot Sondag, 14 Augustus gerapporteer is.

Lees ook: Die meerderheid van dié week se 25 insidente is diefstal en huisbraak – EPR

Volgens EPR se algemene bestuurder, Johan Krogh het 16 insidente by residensiële persele, nege by kommersiële persele, vier by skole, een by ‘n kerk en een by ‘n hospitaal plaasgevind.

Huisbraak was bo aan die lys met sewe insidente, dan saakbeskadiging met ses insidente, gevolg deur betreding met drie insidente.

Sien EPR se volledige verslag onder:

EPR se misdaadverslag vir Randfontein. Inligting verskaf.

Related Articles

Back to top button