High SchoolKidsNewsSchools

Riebeeckrand-leerders leer hoe om lewens te red

Die leerders het op Vrydag, 29 April en Saterdag, 30 April die noodhulpkursus bygewoon wat deur First On Scene aangebied is.

Leerders van Hoërskool Riebeeckrand het onlangs ‘n noodhulpkursus bygewoon waartydens hulle verskeie komponente geleer het wat hulle kan gebruik om eendag mense se lewens te red.

Die noodhulpkursus is op Vrydag, 29 April en Saterdag, 30 April deur First On Scene aangebied, en het bestaan uit teoretiese en praktiese komponente wat noodsaaklik is om ‘n lewe te red.

Die teoretiese komponent (US 119567 SETA-geakkrediteerde inhoud) het gehandel oor aspekte soos:

• Beginsels van noodhulp en veiligheid, toneelbestuur en etiek
• Primêre ondersoek/ opname, kardiopulmonêre resussitasie (CPR) vir volwassenes, kinders en babas asook reddingasemhaling
• Sekondêre ondersoek/ opname (medies en trauma)
• Kop-, gesig- en oogbeserings
• Spinale beserings
• Muskuloskeletale beserings (verstuitings, fakture en ontwrigting)
• Borsbeserings
• Abdominale beserings
• Bloeding, wonde en sagteweefselbeserings
• Asemhalingnoodtoestande (byvoorbeeld asma)
• Skokbehandeling
• Verstikking by volwassenes, kinders en babas
• Suikersiektebehandeling
• Epilepsiebehandeling
• Omgewingsiektes en beserings (hipotermie en hipertermie)
• Vergiftiging by volwassenes en kinders; by- en skerpioensteke; slang- en spinnekopbyte
• Brandwonde
• Waterongelukke (verdrinking)
• Kardiovaskulêre afwykings (hartaanvalle en beroertes)

In die praktiese komponent – (US 119567 SETA-geakkrediteerde inhoud) het hulle die volgende geleer:

• Primêre ondersoek en opname
• Kardiopulmonêre resussitasie by (CPR) volwassenes, kinders en babas
• Gebruik van versperringstoestel
• Reddingsasemhaling
• Sekondêre ondersoek en opname (geheel, kop tot tone)
• Spinale stabilisering
• Spalking
• Hoe om verbanding te doen

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat elke leerder na afloop van die kursus ‘n sertifikaat van bevoegdheid ontvang het wat uitgereik is deur die Departement van Arbeid en geldig is vir drie jaar.

“Ons kinders het dit vreeslik geniet en hulle is baie opgewonde want nou kan hulle ook by ons sportdae uithelp. Dit is ‘n baie goeie kwalifikasie wat hulle nou agter hul naam het,” het sy vertel.

Related Articles

Back to top button