NewsSchools

‘n Nuwe, jong adjunkhoof sluit aan by Rappies

Chris-Juan sien baie uit na sy nuwe avontuur by Laerskool Rapportryer.

Laerskool Rapportryer is baie trots om Chris-Juan Ras, 34, by hul Rappies-familie te verwelkom en hoop hy voel gou tuis.

Chris-Juan het op Vrydag, 1 April diens aanvaar as die skool se nuwe adjunkhoof en hy sien uit na hierdie avontuur by Rappies. Hy het verduidelik dat hy voorheen by ‘n hoërskool skoolgehou maar besef het dat hy meer ingestel is op die behoeftes van laerskoolkinders.

“‘n Mens kan ‘n groter verskil maak terwyl hulle nog jonk is; ek voel dit is makliker.”

Volgens hom het hy besef hoe hy is wanneer hy by sy eie kinders is wat nog klein is, in vergelyking met hoe hy voel wanneer hy met die groter kinders werk.

Sover is dit baie lekker om hier te wees. Die personeel is baie akkommoderend, en dit voel of hulle my met ope arms ontvang het.”

Chris-Jaun bied Lewensoriëntering vir die Graad 6’e aan.

Hy het sy B- en honneursgraad aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom verwerf en vir die afgelope 12 jaar by Glenharvie Combined skoolgehou waar hy onderskeidelik in sy eerste departementele pos asook in ‘n departementshoofpos aangestel is.

In 2016 is Chris-Juan by die National Teachers Awards as die Distrikwenner aangewys en het daarna die Distrik by die Gautengse toekennings verteenwoordig waar hy as die nommer een-onderwyser vir laerskoolonderrig in Gauteng aangewys is.

Hy het verduidelik dat sy rol as adjunkhoof is om die hoof in alle opsigte te help en by te staan.

‘n Persoonlike doelwit vir die toekoms vir hom is om eendag ‘n skoolhoof te word.

Chris-Juan Ras sien uit na die toekoms as adjunkhoof by Laerskool Rapportryer. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button