Local newsNews

Help asseblief vir Willem, 78, om weer te kan hoor

Waar moet ek R10 000 uitkrap? Ons is pensioenarisse.

‘n Plaaslike pensioenaris vra die gemeenskap om hulp vir haar man wat gehoorstukke benodig.

Letitia Faber, 74, het vertel dat haar man Willem, 78, byna doof is in beide ore en hy het gehoorstukke nodig sodat hy weer kan hoor.

“Aan die begin van verlede jaar het Willem ‘n ligte beroerte gehad en van daar af het sy gesondheid erg verswak. Hy is ‘n diabeet en nou het sy gehoor ook ingegee,” het Letitia vertel.

Sy het verduidelik dat hul mediese fonds nie gehoorstukke dek nie, en dat die apparate nagenoeg R10 000 kos.

Waar moet ek dit uitkrap? Ons is albei pensioenarisse.”

Volgens Letitia dek die bietjie geld wat hulle kry net Willem se medies en hy is meer in die hospitaal as by die huis.

“Dit is so ‘n gesukkel met dié dat hy doof is. As ons asseblief net iemand kan kry wat kan help met ‘n stel wat nie meer gebruik word nie.”

Sy het vertel dat haar man nie meer homself is nie. Sy moet oral met hom saamgaan om te hoor wat gesê word en dit dan vir hom herhaal, en as hulle gehelp kan word sal dit baie vir hulle beteken.

“Ons kort asseblief hulp sodat hy weer kan hoor, want ons kan dit net nie finansieel bybring nie. Dit sal ons lewe baie makliker maak.”

Indien jy graag ‘n bydrae wil lewer skakel gerus vir Michelle Roodt by 074 657 0488.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button