Local newsNews

VLU Middelvlei-tak vier Valentynsdag met ligte ontbyt

Die dames van die Vrouelandbou-unie Middelvlei-tak het almal pragtig gelyk tydens hul Valentynsontbyt.

Dit was net rooi waar jy gekyk het tydens die Vrouelandbou-unie Middelvlei-tak se Valentynsontbyt.

Die geselligheid op Donderdag, 10 Februarie was by die lieflike Menûchân Koffiewinkel in Elandsvlei waar die dames lekker geëet en gekuier het. Hulle was in rooi en wit geklee om die spesiale maand van liefde te vier.

Die tafels was al te mooi versier met rooi tafeldoeke en lanterns met rose.

Ria Herbst het eers ‘n paar woorde gesê voordat almal die heerlike ontbyt van selfhelp-peuselhappies geniet het.

Al die dames het dié byeenkoms vreeslik geniet.

Ria Herbst praat met die dames. Foto: Michelle Roodt.
Die dames verkeer gesellig om die ontbyttafel. Foto: Michelle Roodt.
Marlene Pretorius en haar ma Estha van der Ryst. Foto: Michelle Roodt.
Elaine de Koker en Ella Badenhorst lyk te mooi in rooi en wit. Foto: Michelle Roodt.
Bokkie Meyer en Lettie Bosman lyk pragtig in hul rooi pakkies. Foto: Michelle Roodt.
Judy Wagner en Elsie Krouwcamp. Foto: Michelle Roodt.
Ria Herbst lyk pragtig in haar rooi gehekelde bostuk. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button