Opinion

BRIEF: Die Afrikaanses is plesierig

Net om 'Hulle' geheue te verfris: Ons bid, vloek en skel Afrikaans self in ons drome. Mors met my taal en mors dan my stem.

• Desmond Dickson skryf:

Die vermoedelike eerste slagoffer van die Junie 1976-onluste met die nie-etniese naam Hector Pieterson (klink na ons) het die taaloproer rondom Afrikaans laat voortleef.

‘n Beampte van Hoër Onderwys het ons taalverbruik ‘Abrakadabra’ as uitheems verklaar. Eskuus toe meneer, ons is hier gebore (Made in South Africa). Inteendeel is Afrikaans nou die amptelike onderrigtaal van Unisa en ander opvoedkundige instansies (soos deur ‘n hoër geslag beslis).

‘n Regdenkende alssprekende politieke party het ‘n Afrikaanse verkiesingsplakkaat in ons straat aangebring wat lees Stem en Verenig en nou is hulle meer ontvanklik by ‘Ons’. Geen partyopheffing word hiermee bedoel.

Net om ‘Hulle’ geheue te verfris: Ons bid, vloek en skel Afrikaans selfs in ons drome. Mors met my taal en mors dan my stem. Uitsluitlik kan ons Afrikaans op vele maniere praat en verstaan …

Selfs in die tronktaal ‘Sabela’ en ‘Tsotsi-taal’. Die oorgrote meerderheid van bona fide-inwoners is Afrikaanssprekend en het andersdenkendes radikaal beïnvloed.

Ons praat nou oral gemaklik saam, selfs by ons kerke en opvoedingsinstansies. Ons sing slegs net die Afrikaanse gedeelte van die volkslied uit volle bors. Die res mompel ons. Die Afrikaanses is plesierig … Hulle hou van party-politiek.

Related Articles

Back to top button