Local newsNews

OPINIE: Ons is Afdraandfontein

Godsdiensvryheid sal ons algehele land en dorpe van alles onthef. Wil jy wed?

• Desmond Dickson skryf:

Die haglike agteruitgang en verval van ons woonbuurt moet aan politieke vuilspel toegeskryf word wat hoopvolle kiesers ontmoedig om na die stembusse te gaan.

Werksaamhede rondom die beloofde binnemuurse swembad en sportsentrum het onverduidelik in ‘n cul-de-sac opgeëindig.

Vergeet maar van die nuttelose sportstadion, vrotsige slaggatbesaaide strate, wydverspreide rommelophopings, swak dienslewering en ‘n verwoeste huurkantoor.

Inwoners kan maar HOP behuising op hul pense skryf. Slegs ‘n politieke wonderwerk sal ons van alle beslommernisse bevry. Bestaan daar nog bekkige skroomlose politici? Wrintiewaar!

Die toekoms en die rus is volgens Totius elders behalwe in ‘Afdraandfontein’.

Iets moois van die ACDP oor die lug, van God en die mens! Net onlangs het ek oudergewoonte ‘n lied van die Chi-lites oorverdowend op ‘n taverneblêrkas gespeel: ‘There will never be any peace until God is seated at the conference table’.

Die kerke word deesdae na verligting van die inperkingsregulasies soos by ‘n uitverkoping gestormloop. Verstaan die regering nou die noodsaaklikheid van gebed?

Godsdiensvryheid sal ons algehele land en dorpe van alles onthef. Wil jy wed?

Related Articles

Back to top button