Local sportSport

Hoekom stoei? Eagles se Willie verduidelik

Ontmoet die Eagles Stoeiklub se nuwe hoofafrigter, Willie Steenkamp.

Stoei is in Willie Steenkamp se bloed.

Die 29-jarige Willie is die afgelope jaar die hoofafrigter van die Eagles Stoeiklub en hy stoei al sedert hy 14 is aan en af.

Stoei is ‘n familiesport. Ek het op die ouderdom van vyf begin stoei omdat my ouers my gemotiveer het om te begin.”

Hy het in 2008 in Amerika getoer en in 2009 goud ingepalm tydens die Afrika-kampioenskappe. Volgens Willie is stoei glad nie gevaarlik nie en al lyk dit of dit net vir mans is, kan vroue ook die sport beoefen.

“Stoei is uniek omdat dit een van die min sportsoorte is wat streng dissipline vereis.”

Willie het vertel dat stoei nie net ‘n fisiese sport is nie en dat krag nie al manier is om te wen nie. Volgens hom is stoei die beste fondasie vir enige kontaksport, byvoorbeeld rugby.

Willie Steenkamp, die nuwe hoofafrigter van die Eagles Stoeiklub in aksie. Foto: Michelle Roodt.

Hy het verduidelik dat die beste tyd vir iemand om te begin stoei is wanneer hy of sy vyf tot ses jaar oud is. Stoei is vir Willie lekker omdat dit ‘n sportsoort is met ‘n vinnige pas en dissipline.

Stoei is uniek en lekker omdat die tipe fiksheid wat stoeiers moet hê nie dieselfde tipe fiksheid is wat diegene moet hê wat ander sportsoorte beoefen nie.”

Die Eagles Stoeiklub oefen op Dinsdae- en Donderdae-aande by die Greenhills Stadion se A veld – die juniors tussen 17:30 tot 18:30, en die seniors van 18:15 tot 20:00.

Enigiemand wat belangstel om by die klub aan te sluit kan vir Riaan Groenewald (Eagles Stoeiklub-voorsitter) kontak by 082 335 2002 of Maryke Groenewald (spanbestuurder) by 082 335 5453.

Related Articles

Back to top button