Local sportSport

Vroue geniet ‘n rolbaldag net vir hulle

Nagenoeg 90 vroue van oraloor het by die Randfontein Rolbalklub bymekaargekom vir 'n prettige damesdag.

Talle vroue van oraloor het by die Randfontein Rolbalklub bymekaargekom om te wys hoe dit gedoen moet word.

Die Randfontein Rolbalklub het op Woensdag, 14 April hulle Damesdag gehou waartydens 88 vroue van verskeie klubs in die Sables-distrik – onder andere Noordheuwel, Krugersdorp, Honeydew, Witpoortjie, Golden Harvest, Florida-Noord en Discovery – hul geliefde sport kon beoefen.

Liza de Wet. Foto: Michelle Roodt.

Die hitte gedurende die oggend het glad nie die vroue gekeer om hulself te geniet en saam met hul medespelers te ontspan nie.

Vera Pretorius, President van die Randfontein Rolbalklub het vertel dat die Damesdag gehou is om fondse vir die klub in te samel.

Ansie van Staden. Foto: Michelle Roodt.

“Dit was ‘n fantasiese dag en soveel van die dames het my kom bedank vir die lekker dag asook die lekker kos,” het Vera vertel.

Related Articles

Back to top button