CrimeNews

Vanjaar reeds 287 plaasaanvalle en 43 plaasmoorde

ToekomsVonk se jongste statistieke oor plaasaanvalle en -moorde bekend gemaak.

Daar was reeds 287 plaasaanvalle in 2020 in vergelyking met die 274 in 2019, volgens die burgerregte-organisasie ToekomsVonk. Dié organisasie hou sedert 2017 noukeurig rekord van aanvalle en moorde op plase.

Lees ook: Dairy farm attacked in Middelvlei: Victim hospitalised, attacker shot dead

Volgens Amor Gerber, Direkteur: VonkVeiligheid, lyk die statistieke aan die einde van Augustus 2020 as volg:

“In Augustus vanjaar was daar 48 plaasaanvalle en is nege boere vermoor. Die oudste slagoffer van ‘n plaasaanval sover in 2020 was 92, en die jongste was een jaar oud.

Gedurende hierdie maand het die meeste aanvalle op ‘n Woensdag plaasgevind. Verder toon die statistieke dat die meeste aanvalle (13) tussen middernag en 6vm plaasgevind het, gevolg deur tussen 6nm tot middernag (12).

“Daar is in 2020 reeds 43 boere in die 287 plaasaanvalle vermoor. In dieselfde tyd gedurende 2017 was daar 291 aanvalle, in 2018 was daar 313 en in 2019 was daar 274.

Lees ook: 26 farm murders, 141 farm attacks so far this year – TLU SA

“Dit is duidelik dat plaasaanvalle nie deur individue uitgevoer word nie, maar deur bendes. In Augustus was die gemiddelde aantal aanvallers vier. Dié maand was die gemiddelde ouderdom van die slagoffers van plaasaanvalle en -moorde 50 jaar.”

Related Articles

Back to top button