Local newsNews

KYK: Driekus stel sy eerste album vry

Driekus du Plessis het onlangs sy eerste album saam met Blackie Swart en Blêr Musiek vrygestel.

Agt jaar terug het Driekus du Plessis besluit om al sy aandag aan sy musiekloopbaan te wy en nou het hy sy eerste album vrygestel.

“Ek is nog nie een oomblik spyt dat ek besluit het om my drome te volg nie. Ek dank die Here elke dag vir dit wat ek het en tot dusver behaal het, want sonder Hom sou ek dit nie kon doen nie. Ek is baie opgewonde oor my nuwe album wat so pas vrygestel is. Dié album se naam is Kom ons Dans, en daarvoor het ek vir ‘n klomp bekende liedjies nuwe baadjies aangetrek.”

Volgens die 42-jarige is die musiek op sy album meestal country, rock en pop, maar daar is eintlik iets vir almal om na te luister.

Die bekende musikant, Blackie Swart, het Driekus gehelp om die liedjies in regte dansmusiek te omskep.

Die album is deur Blackie en Blêr Musiek opgeneem en ek is baie trots op my eie unieke styl wat ek vir die liedjies gegee het. Dit is my heel eerste album, maar vir seker nie my laaste nie,” het Driekus gesê.

Hy is baie lief vir optredes en geniet dit as mense saam sing en op sy musiek dans. Volgens hom is hy glad nie bang vir die verhoog nie, maar hy raak wel ‘n bietjie op sy senuwees as hy vir kunstenaars soos Dirk van der Westhuizen en Die Campbells moet open.

Kyk hier:

 

Related Articles

Back to top button