Local newsNews

Vrouelandbou-unie nie net vir ‘ou tannies’ nie

Ria Herbst verduidelik wat die Vrouelandbou-unie (VLU) is.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Middelvlei-tak word vanjaar 40 jaar oud.

Ria Herbst, die huidige voorsitter het aan die Herald verduidelik dat dit nie net ‘n organisasie vir ouer vroue is nie.

“Vroue van enige ouderdom kan aansluit. Daar word verskeie werkswinkels aangebied en ons gaan eenkeer ‘n maand op uitstappies.”

Ria het verduidelik dat die doel van die VLU – ‘n niewinsgewende organisasie – is om vroue op te hef en hulle te leer om handwerk te doen. Daar word ook gesellig saam verkeer.

“Dit is glad nie ‘n outanniekomitee soos meeste mense dink nie; dit bied vir alle vroue ‘n geleentheid om bymekaar te kom, nuwe dinge te leer en hulself te geniet,” het sy vertel.

Volgens Ria doen hulle baie skenkings, sommige van die vroue brei, en hulle help ook om klere en niebederfbare produkte in te samel en uit te deel waar daar nood is. Hulle het elke jaar ‘n omgeeprojek.

“Enigiemand wat wil kom kyk wat by die VLU aangaan is meer as welkom om ons as ‘n gas te besoek en dan te besluit of hulle wel wil aansluit.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button