NewsSchools

Werner, Johan is Riebeeck se top redenaars

Beoordelaars en toeskouers is ure lank vermaak by vanjaar se interne redenaarskompetisie.

Hoƫrskool Riebeeckrand het onlangs hul jaarlikse interne redenaarskompetisie gehou.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, moes die leerders se toesprake oor een van die onderwerpe handel wat die ATKV voorgeskryf het.

Die juniors kon kies tussen die onderwerpe ‘Lees’, ‘Instinktief’ en ‘Seine’. Die seniors se onderwerpe was ‘Murg’, ‘Alternatief’ en ‘Erodeer’.

“Die beoordelaars en gehoor is ure lank vermaak deur die talentvolle leerders en hul insiggewende en interessante toesprake,” het sy vertel.

“Sommige deelnemers gaan eersdaags aan die ATKV-redenaarskompetisie deelneem, en later vanjaar gaan ons onderskeie grade se spanredenaars aan die Radikale redenaarskompetisie, NEA en RACA deelneem.”

Die top 3 wenners van die interne redenaarskompetisie is soos volg:

ā€¢ Juniors: Johan Collins (Eerste), Rick van den Berg (Tweede) en Mongenique Viljoen (Derde)

ā€¢ Seniors: Werner GabriĆ«l (Eerste), Devonique Breedt en Carli Rall (gesamentlik tweede), en Wjanik Beneke (derde)

“HoĆ«rskool Riebeeckrand wens al hul redenaarleerders sterkte toe met hul deelname aan die kompetisies wat voorlĆŖ.”

Related Articles

Back to top button