School sportSport

Hou Riebeeckrand se gholfkampioene dop

Hannes Strooh en Kyle Grové is twee Riebeeckranders wat nog hoë hoogtes op die gholfbaan gaan bereik.

Twee leerders van Hoërskool Riebeeckrand gaan dit nog vêr bring met gholf.

Hannes Strooh is maar net 15 jaar oud en het reeds ‘n voorgee van +3.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, het Hannes gekwalifiseer om aan die SA Amateurs Ope deel te neem wat van 16 tot 21 Februarie by die Royal Johannesburg & Kensington-gholfbaan aangebied word.

“Hy is tans eerste in die land onder die 0.15’s en 57ste in die land onder die Ope Amateurs. Hy is ook die afgelope drie jaar Randfontein se klubkampioen en neem tans aan kompetisies deel vir die Central Gauteng Golf Union (CCGU),” het Elzeri vertel.

Kyle Grové spog met ‘n voorgee van 1. Hy was in 2018 en 2019 ‘n lid van die Wes-Randse Skolegholfspan.

Volgens Elzeri het hy ook die Wes-Rand tydens die Suid-Afrikaanse gholfkompetisie vir hoërskole verteenwoordig.

“Kyle neem tans ook aan kompetisies vir die CCGU deel en is nou besig met twee reekse, genaamd Title Way Golf Series en Bridge Fund Series.”

Hoërskool Riebeeckrand wens die twee leerders sterkte toe met al die kampioenskappe wat vir hul voorlê.

Related Articles

Back to top button