School sportSport

Jannas trots op hulle sportdogter en -seun vir 2019

Hoërskool Jan Viljoen spog met hulle sportdogter en -seun van die jaar, want briljant presteer het!.

Angelique van Niekerk en Louis Smit is onlangs aangewys as Hoërskool Jan Viljoen se Sportdogter en -seun van die Jaar vir 2019.

“Hierdie twee leerders het briljant presteer in hulle onderskeie sportsoorte,” het Tammy Smith, die skoolwoordvoerder, gespog.

Volgens Tammy was Angelique kaptein van die eerstenetbalspan wat aan die JOMO-kampioenskappe deelgeneem het. Sy het ook Jannas en haar provinsie by die SA-atletiekbyeenkoms in die driesprong verteenwoordig.

Tammy het vertel dat Louis die topdriedrukker van die jaar was. Hy het 23 drieë gedruk vir die o.16-span, wat bekend staan as die Vikings. Hy het die IPT Goue Leeus verteenwoordig tydens die IPT-week en was ook deel van Jannas se Top 20-atletiekspan waar hy 990 punte tydens die Naboomspruit-byeenkoms opgestapel het.

“Hoërskool Jan Viljoen is ongelooflik trots op hierdie twee leerders en glo in die gesegde: ”n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees’,” het Tammy afgesluit.

Related Articles

Back to top button