Local newsNews

#ThrowbackThursday – 2 Oktober 1987

Die Herald gaan ver terug na 2 Oktober 1987 vir hierdie week se #ThrowbackThursday.

Dis #ThrowbackThursday en die Herald kyk vandag na die nuusgebeure waaroor daar in sy 2 Oktober 1987-uitgawe berig is.

Op bladsy 32 van dié uitgawe met Vroue Landbou Unie demo as opskrif, word daar berig oor die massaopkoms van vroue tydens ‘n VLU-oggend. Vroue is gewys hoe om blomme te rangskik. Sandra Rossouw en Joan Hoffman wat ook demonstrasies gegee het, het die vroue geïnspireer.

Die Herald het met Ria Herbst, voorsitter van die Vroue Landbou-Unie se Middelvlei-tak gesels. Sy het gesê dat hulle in 2020 hul 40e bestaansjaar sal vier. Sy het ook gepraat oor die lede en wat hulle vir die gemeenskap doen.

Ander interessante opskrifte in dié uitgawe:

On page 6 of this edition an article was published with Weight Watchers about the exorbitant price that reasonably healthy fat people have to pay each day of their active lives. At work, play – obesity is said to be a costly luxury which in these times of tight money, none of us can afford.
Goudrand Hoërskool het fees gevier deur kermis te hou en ‘n kaskarresies was deel daarvan. Hier spook deelnemers om hul plek te behou in die reën.
Mnr Piet Collins van Tambotiestraat het nog rustig na die Transvaal/ Noord Transvaal-kragmeting op TV gesit en kyk, toe hy ‘n slag hoor. Die sterk wind wat dié middag gewaai het, het sy tuinmuur omgewaai.
A kind-hearted Mr D Scot noticed that the flowers at the Robinson Hospital were amiss and out of goodwill to the hospital replaced them with these lovely pot plants (pictured).
Op bladsy 32 van dié uitgawe met Vroue Landbou Unie demo as opskrif word daar berig oor die groot aantal vroue wat ‘n VLU-oggend bygewoon het. Vroue is gewys hoe om blomme te rangskik. Sandra Rossouw en Joan Hoffman wat ook demonstrasies gegee het, het die vroue geïnspireer.
The Herald reported that there was only two weeks to go to the prestigious Miss Randfontein 1987 finals. Twenty of the most beautiful young women in Randfontein will compete at Pick n Pay for the honour of wearing the Miss Randfontein 1987 crown.
Mnr en mev Van Wyk het op 1 September hul 52e huweliksherdenking gevier en hulle het ook in dieselfde maand verjaar – mnr Van Wyk op 25 September en sy vrou op 4 September.
Mrs G Wissing (left) was one of four people at Friendship Haven to have celebrated their birthdays in September. Her birthday is 3 September while another resident, Mrs EM Strauss celebrated her birthday on 21 September.
Op die voorblad van dié uitgawe het die Herald berig oor ‘n eis van meer as R1 mijloen wat vir die eerste keer in die geskiedenis teen ‘n kinderarts en ‘n hospitaal in Pretoria ingestel is weens beweerde nalatigheid toe ‘n babameisie van Randfontein te vroeg gebore is. Die beweerde nalatigheid het daartoe gelei dat Chantelle Jacobs, 3, dogter van Anton Jacobs en Chantelle Jacobs, seun en skoondogter van raadslid Hans Jacobs, blind geword het.

Related Articles

Back to top button