Opinion

Wie maak so stink?

Mens het skoon keelseer van die reuk en jou sinusse word opgetoffie!

Ek wil net graag weet by almal in Randfontein of alles oraait is by die huis want elke dag word gras of iets gebrand!

Nee my hemel man, ons mense wat naby sulke oop grasvelde bly, ly daaronder.

Ek kon glad nie slaap nie so dik is die reuk in my woonstel.

Ek het ‘n dogter wat asma het. Dank die Vader haar deur was toe en dit het haar nie soveel gepla nie. Mens het skoon keelseer van die reuk en jou sinusse word opgetoffie!

My dogter is klaar siek, nou is sy erger. Dan praat ek nie eers van my arme diere wat ook weens die walms ly nie. Ag nee man, regtig, as hulle niks het om te doen met hulle hande nie, sal ek dit vir hulle afkap want om kwaad te stook deur gras en bome aan die brand te steek, is mos regtig f@#$%^d up.

Related Articles

Back to top button