Local newsNews

Kom help ons minderbevoorregte kinders

Staan die Lewende NG Kerk by om 'n verskil te maak.

Daar is ‘n groot nood in Randfontein, daarom wil Die Lewende NG Kerk barmhartigheid betoon deur minderbevoorregte kinders in die gemeenskap te help.

Die gemeente gaan op 30 November ‘n lofprysing- en aanbiddingoggend aanbied, waartydens hulle speelgoed en niebederfbare produkte gaan insamel. Na die diens gaan motorfietsryers in ‘n konvooi deur die dorp ry om bewustheid te skep dat daar heelwat minderbevoorregte kinders in Randfontein is.

Dit geleentheid gaan die Saterdagoggend om 8vm by Vredenvlucht Venue, Loumarina Plotte in Randfontein gehou word.

Almal is welkom om enige niebederfbare produkte en speelgoed vir die kinders saam te bring.

Vir verdere inligting, skakel Quinton van Tonder by 063 456 7692.

Related Articles

Back to top button