Opinion

Beskerm ons kinders en beweeg SA vorentoe

Ons kerke loop leeg weens die swak opvoeding van kerklose kinders, wat aan die gedrag van die ouers toegeskryf moet word.

• Desmond Dickson skryf:

Kinders behoort ‘waargeneem’ en nie ‘ontneem’ te word nie. Dit was en is die tema van die weeklange veldtog (2 tot 9 Junie) wat deur Enrique Bhana en sy steunwerkers van Wawa hier van stapel gestuur is.

Enrique onderstreep dit duidelik – 365 dae per annum.

Die tragiese heengaan van ons vertroueling, raadslid en vriend, Donovan Cloete, word betreur … Die ontydigheid het ‘n groot leemte in die buurt gelaat. Hy sou ongetwyfeld sy steun hieraan toegesê het, volgens sy verslae vrou, Petronella.

Daar is oral heen sedepreke afgelê oor onder meer kinderbeskerming, mensehandel, (Glori Matsipile) dwelmblootstelling, afknouery by skole, vaderskap (die tref-en-trap-brigade) en opvoedkundige ouerskapaanlegte.

Die plekke waar Wawa besoek afgelê het, was Bundu’s Inn informele nedersetting, Little Feet Daycare (Linda Dickson), Toekies Biblioteek en Kliniek, deur tot deur besoeke en ter afronding die St Joseph’s Anglikaanse Kerk, om die veiligheid van die kinders te bespeur.

Toekies en Verries het kragte saamgespan om die kwesbare leiers van more te beskerm en op ‘n sedelike wyse op te voed. “Beskerm ons kinders en beweeg SA vorentoe,” blaker die pamflet dit uit.

Kinders moet in verskeie opbouende aktiwiteite betrek word eerder as niksseggende straataktiwiteite. Tydens ek en nig Trudy (Trudy’s Nest) se besoek aan die Baptiste Kerk (2 Junie) het pastoor Pietersen dieselfde sentimente in sy preek aangeroer: “Ons kerke loop leeg weens die swak opvoeding van kerklose kinders, wat aan die gedrag van die ouers toegeskryf moet word”.

Dit het selfs vir Jesus ontstel toe Petrus die ‘lastige’ kinders tydens ‘n samedromming wou verwyder. “Verhinder hulle nie,” was die vaderlike opdrag van Jesus self.

Related Articles

Back to top button