School sportSport
Jannas se o.15-hokkiespelers gaan Noordvaal toe
Hoërskool Jan Viljoen se o.15-hokkiespelers is baie opgewonde om vanjaar aan die Noordvaal-toernooi te kan deelneem.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2019/05/DSCN4115_92156.jpg)
Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se hokkiespanne het vanjaar uitsonderlik goed gevaar.
Vir die eerste keer in jare het een van die Jannas-hokkiespanne gekwalifiseer om aan die Noordvaal-toernooi in Vanderbijlpark deel te neem, en daarom is dit vir hulle ‘n prestasie om op trots te wees.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2019/05/DSCN4007_57449-800x600.jpg)
“Op die oomblik fokus die hokkiespelers op hul eksamens, maar ons gaan die vakansie ekstra hard oefen om voor te berei vir die Noordvaal-toernooi,” het Mara Combrinck, die o.15-hokkiespan se afrigter gesê.