Local newsNews

Pa van vier verdwyn

Barry Meyer se vrou en vier kinders is baie bekommerd oor hom en is hy as vermis aangemeld.

Die familie van Barry Meyer is baie bekommerd oor hom sedert hy Sondag, 7 April, spoorloos verdwyn het.

Volgens sy vrou, Melanie, het hy Sondag om 2.45nm van hul huis in Jan Fiskaallaan in Eikepark af Randgate toe gestap. Hy het sedertdien spoorloos verdwyn.

“Ons het vroeër die dag ‘n woordewisseling gehad. Hy het gegroet en gesê dat hy na Randgate se winkels toe sou stap. Hy was nog nooit so lank van die huis af weg nie,” het sy gesê. Die egpaar het vier kinders.

Also Read:

https://www.citizen.co.za/randfontein-herald/297529/family-worried-about-missing-toekomsrus-man/

Sy het hom by die Randfontein Polisiestasie as vermis aangemeld. Sersant Carmen Hendricks, Randfontein-polisiewoordvoerder het aan die Herald bevestig dat so ‘n saak geopen is.

“Ons hele familie is baie bekommerd en ons wil hom by die huis terug hê.”

Meyer is 36 jaar oud, dra ‘n oorbel en het ‘n tatoeëermerk op sy linkerhand en regterarm. Hy het blou denimbroek, ‘n swart baadjie, groen skoene en ‘n hoed gedra die dag toe hy verdwyn het.

Enige iemand met inligting wat sy familie kan help om hom op te spoor, kan vir Melanie by 061 857 6019 skakel.

Related Articles

Back to top button