School sportSport

Jannas se Kamikazi’s skrik vir niks nie

Hoërskool Jan Viljoen se leerders glo dat hul vanjaar weer onwoorwonne in al hul sportsoorte, veral rugby, gaan wees.

Die eersterugbyspan van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) is beter en sterker as ooit.

Volgens die Kamikazi’s se kaptein, Morné Prinsloo, was dié span onlangs by ‘n rugbykamp waar hulle nie net hul tegniek verbeter het nie, maar ook baie spanbou gedoen het.

Dirkie Lourens en Morné Prinsloo, onderkaptein en kaptein van die Kamikazi’s, glo dat Hoërskool Jan Viljoen se eersterugbyspan vanjaar weereens hoë hoogtes gaan bereik. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons het op 20 Maart na Kamp Hardekool in Brits vertrek. Toe ons daar aangekom het, het ons blitsvinnig afgepak en ons tekkies aangetrek om te gaan draf,” het hy gesê.

“Na die sewe dae is almal in die span volwaardige Kamikazi-lede van ‘n trotse eersterugbyspan. ‘n Harde liga lê vir ons voor, maar die voorbereiding was suksesvol en ons weet ons gaan nog hoë hoogtes bereik.”

Dirkie Lourens, onderkaptein, het gesê dat hulle glo dat Jannas vanjaar weer onoorwonne in al hul sportsoorte gaan wees.

Jannas is tans besig met die Superreeks waarby 11 skole betrokke is. Al die spanne het onlangs wedstryde teen Wagpos Hoërskool van Brits gespeel en die volgende wedstryde gaan teen Hoërskool Dinamika van Alberton wees,” het hy gesê.

Die finaal gaan op 27 April in Pretoria plaasvind.

“Ons kan nie wag om te sien hoe goed ons hokkie, netbal en rugby in die reeks gevaar het nie,” het hy gesê.

Related Articles

Back to top button