CrimeNewsUpdate

Homelake-moord: Man geïdentifiseer

Die man wie se liggaam in 'n huis in Homelake aangetref is, is deur familie as Jaco Billy Jooste geïdentifiseer.

Die man wie se liggaam op Saterdag, 30 Maart in ‘n huis in Homelake aangetref is, is deur familie as Jaco Billy Jooste geïdentifiseer.

Lees oorspronklike artikel hier:

Two weekend murders shocks Randfontein

Hy was een van twee mense wat daardie naweek vermoor is. Volgens die polisie is ‘n ander man se liggaam op Vrydag, 29 Maart in ‘n oop stuk veld agter die Randfontein-stortingsterrein gevind.

Wat die Jooste-moord betref is die Randfontein Polisie na ‘n huis in Homelake ontbied nadat sy liggaam ontdek is.

Sersant Carmen Hendricks, Randfontein-polisiewoordvoerder het gesê dat die moord in Linda Court in Fredalaan gepleeg is.

“Omstreeks 9.50vm op Saterdag, 30 Maart is nooddienste na die toneel ontbied en die slagoffer is op die toneel dood verklaar. ‘n Leë patroondoppie is langs hom gevind,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat die motief vir die moord steeds onbekend is.

ER24-woordvoerder Ross Campbell het dit bevestig en gesê, “ER24-paramedici is uitgeroep na die toneel van ‘n vermeende huisaanval net na 10vm op Saterdag 30 Maart nadat ‘n lid van ‘n sekuriteitsmaatskappy en ‘n familielid op die liggaam van ‘n 48-jarige man afgekom het. Die man het ‘n skietwond aan sy onderlyf gehad en is op die toneel dood verklaar. Die polisie was op die toneel om verder ondersoek na die voorval in te stel.”

Morne Jooste, het aan die Herald vertel dat sy broer, Jaco, die slagoffer van die vrede daad was. Jaco het voorheen by die pandjieswinkel in Randgate gewerk.

“Jaco word in Randfontein begrawe, maar die diens sal om 10vm op Vrydag, 5 April, by die Baptiste Kerk in Krugersdorp plaasvind,” het hy gesê.

Hier is ‘n paar uittreksels uit die kommentaar wat op sosiale media oor Jaco se dood geplaas is:

• Ai Jaco, dis so hartseer my vriend. RIV

• Sterkte aan die familie. Dis ongelooflik hartseer

• Innige simpatie en ons opregte meegevoel. Sterkte aan die familie en vriende

• RIV Jaco. Jy sal baie gemis word. Sterkte aan sy ma, broers en suster

Lees die eksklusiewe onderhoud met Morne en ‘n paar van Jaco se ander geliefdes in die 12 April-uitgawe van die Herald.

Related Articles

Back to top button