Opinion

Jy’t net vier dae van lekker feesvier by die Randfontein Skou

Net vier dae elke jaar hou Randfontein-dorp die lekkerste Kuierskou in die land.

Dis al … net vier dae elke jaar hou Randfontein-dorp die lekkerste Kuierskou in die land.

Meer as 400 uitstallers van oral in Suid-Afrika kom met verwagting om hul produk te bemark en te verkoop. Talle kunstenaars kom deel hul talente met al die Skoubesoekers en om elke hoek en draai is daar iets van alles en iets vir almal.

Vier dae gaan te gou verby en daarom moet jy nou jou goedkoper Skoukaartjies koop om alles wat hierdie jaar se Skou bied, te kom beleef. Dis net vier dae van lekker eet, koop, klets en kuier.

Dis hoe dit is, die lekker in die lewe gaan te gou verby, so maak seker jy kom vier fees saam met ons hierdie jaar by die Randfontein Skou van 27 Februarie tot 3 Maart. Kom ondersteun ons dorp, vergeet van al die dinge en geniet elke oomblik.

Jy word genooi!

Related Articles

Back to top button