Hoƫrskool Riebeeckrand is baie trots op hul pragtige tradisie van Poortloop.
Elke Graad 8-leerder, asook nuwe leerders en nuwe personeel van Riebeeckrand, stap na die afloop van die inburgeringsprogram en die groentjiekonsert deur die skool se Poort om as ān volwaardige Riebeeckrander ingeburger te word.
“Die Poort se hekke was op 25 Januarie deur die hoofseun en -dogter oopgesluit sodat die Graad 8-leerders, nuwe leerders en nuwe personeellede die poorthekke kon binnegaan. Elke leerder wat deur die Poort geloop het, se skoolbaadjie is vir hul aangetrek deur ān lid van die Seniorraad en het hul ook ān handdruk en ān sertifikaat vanaf die hoof en beheerliggaam ontvang,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, gesĆŖ.
Die Graad 8-leerders en hul ouers sal diƩ besondere gebeurtenis nie sommer vergeet nie, want die trane het gevloei en daar was van oor tot oor geglimlag.
“Oud-Riebeeckranders het op die skool se Facebookblad vertel hoe hulle hul Poortloopseremonie onthou en die spesiale herinneringe steeds koester. Sanna Mulder het geskryf: ‘So ‘n mooi tradisie, was self daar in 1966!’ en ‘Ek onthou toe ek in 2006 deur die Poort geloop het en in 2010 weer uitgeloop het. Dit was ān hartseer oomblik toe ek uitgestap het’, het Sjarne Mieny ook vertel.”
Elzeri het bygevoeg dat Riebeeckrand glo dat hierdie emosie-belaaide tradisie vir baie leerders (in die verlede en in die toekoms) wonderlike herinneringe inhou.
Do you perhaps have more information pertaining to this story?Ā Email us atĀ randfonteinherald@caxton.co.zaĀ Ā (please remember to include your contact details in the email) or phone us onĀ 011 693 3671.
For free daily localĀ news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit ourĀ Facebook,Ā TwitterĀ andĀ InstagramĀ pages to let your voice be heard!