School sportSport

Rappies-atletiek: Klein lyfies, groot gees

Die kleuters het hul harte uitgehardloop by Rappies Pre-Primêr se kleuter-atletiekdag.

Ma’s en pa’s, en oumas en oupas het op Laerskool Rapportryer (Rappies) se atletiekbaan saamgedrom vir Rappies Pre-Primêr se kleuteratletiekdag.

Die opwindende byeenkoms het op Donderdag 24 Januarie plaasgevind en die kleuters se families het hulle met groot entoesiasme ondersteun.

Al die kleuters in die kleuterskool van tweejarige ouderdom af het gehardloop. Ma of pa het sommer saam gehardloop. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Al die kleuters in die kleuterskool van tweejarige ouderdom af het gehardloop. Die kleintjies was die oulikste en ma of pa het sommer saam gehardloop. Sommige kleuters huil lang trane as hul ouers nie kan saam hardloop nie, want hulle is bang hulle los hulle daar na die lang skooldag. Daarom wil hulle hul ouers heeltyd by hulle hê,” het Sonja van Tonder, Rappies Pre-Primêr se hoof gesê.

Die kleuters het hul harte uitgehardloop terwyl hul families hul name geskreeu het.

Zander Naudé was pootuit na die atletiek. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die ouers is altyd baie trots op hul kinders en as hul kinders boonop wen, loop die trane behoorlik. Die atletiekdag is deur Rappies gereël en gee vir die kleuters, veral die Graad R’s, ‘n voorsmakie van waarna hulle kan uitsien as hulle laerskool toe gaan,” het sy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button