Opinion

Sowaar! Daar is ‘n God!

Sonder haat ... Sonder angs ... en sonder woede ...

By die roudiens van my vermoorde neef, Ruben Dickson, kranige baskitaarspeler van die destydse Drifters-popgroep etlike jare gelede, het my swaer wyle ds Arendz Stevens, was as die beste spreker in kerkgeledere geag was, die omsweringe van Jakob volgens Genesis 42 en 43 aangehaal: “Simeon is weg … Ruben is weg … en Benjamin wil julle wegneem, julle beroof my van kinders … Alles teen my.”

En dan: “As ek van kinders beroof is, dan is ek beroof”.

Sy roerende antwoord op Farao se vraag oor sy getal lewensjare was: “Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare”.

Sy woorde spook deesdae steeds by my na die verlies van my algehele gesin. In ‘n Goddelike nadraai van gebeure is my gesin andersins vervang in die vorm van my vervreemde welgestelde ‘swart’ familie van Tembisa, mnr Nghamula Dickson en sy goedgesinde kinders. (Blameer apartheid daarvoor.) Na al ek en my ouboet-neef, Phillip Dickson, ‘n toegwyde Jahova-getuie yweraar se deurvoeringe, vanaf die 18e amptelik bekend staan as die Dicksons, nie meer Mhlari.

Mnr Nghamula is die oom van Finansies-minister Tito Mboweni en getroue vriend van die grapjas, Trevor Noah wat gereeld by hom in sy gastehuis oornag tydens Suid-Afrikaanse besoeke.

So ook die kampioenbokser, Jan Bergman wat gereeld in my gestorwe oompie Karel Dickson se motorhuis hier plaaslik uitgesweet het. My ‘oom’ beoog nou ‘n tradisionele Afrika-feesviering hier en Tembisa met skape vanaf sy plaas in Tzaneen, onderwyl almal gis met vuil bespiegelinge oor ons verlate dubbelverdieping-ouerhuis.

Sonder haat … sonder angs … en sonder woede … Sowaar! Daar is ‘n God!

Related Articles

Back to top button