Local newsNews

Barkz & Bubblez reg om jou hondekind mooi te maak

Die eienaar van Randfontein se nuutste hondesalon is net 19 jaar oud.

Op 1 Desember het Barkz & Bubblez, ‘n nuwe hondesalon, hul deure oopgemaak.

Die salon is versier met pienk en blou borrels teen die muur en oulike hokkies met sagte beddens. Dit word alles afgerond met plastiekgras.

Die 19-jarige eienaar van dié besigheid is opgewonde om Randfontein se honde mooi te maak.

Corne Botha het sy meisie en haar pa, Sammy en Christo Swanepoel gehelp om Barkz & Bubblez se perseel mooi te maak. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ek kan nie glo dat ek my eerste kliënte al op Maandag, 3 Desember gaan help nie. Die hoogtepunt van die afgelope maand is nie net die opwinding van die nuwe besigheid nie, maar die feit dat my pa en my kêrel my gehelp het om my droom te bewaarheid deur die plek saam met my reg te kry,” het Sammy Swanepoel tydens die opening gesê.

Sy het ook ‘n hoop katkos ingesamel wat aan Cast Aways Animal Sanctuary geskenk is.

“Ons gaan weer so ‘n insameling hou en ek hoop om dan nog meer kos in te samel, want noudat die besigheid oop is, sal meer mense betrokke kan raak.”

Die Herald het op 30 November berig dat Sammy die hondesalon oulik en vroulik wil maak sodat dit ‘n heerlike ervaring vir elke hond sal wees.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button