Local newsNews

Greenhills kry vars straatname

Daar gaan tydens die projek aandag gegee word aan Greenhills, dele van Aureus asook die plotte.

AfriForum Randfontein het twee Randfonteiners, Marius Ungerer en Arm Nyirenda genader om hand by te sit om straatname in die dorp te verf.

“Ons kan net nie self by alles uitkom nie, want daar is soveel strate wat geen aanduiding van name het nie. Straatname is baie belangrik, want daarsonder kan veral nooddienste verdwaal,” het Matium van Vuuren, AfriForum Randfontein-takvoorsitter gesê.

Volgens Marius sal dit hom en Arm nagenoeg ‘n week neem om die betonblokke af te laai op die straathoeke waar dit ontbreek en om dit te verf.

“Matiam sit ook hand by met die verf, maar hy het nie altyd tyd nie en dis hoekom ek hier is. Ek waardeer dit baie dat hulle my gevra het om te help, want ek geniet dit om iets vir die gemeenskap te doen.”

Daar gaan tydens die projek aandag gegee word aan Greenhills, dele van Aureus asook die plotte.

“Ek dink vir seker sigbare straatname is belangrik in Randfontein, want die meeste van die ou naamborde is afgebreek en die name op die sypaadjies is nie meer leesbaar nie,” het Marius gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button