Local newsNews

Musiekskool ryg toekennings in

Tydens die Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika is drie van die Musica Musiekateljee se leerlinge as Top 10-presteerders aangewys.

Musica Musiekateljee in Helikonpark se musiekleerlinge het in 2018 die toekennings ingeryg.

Tydens die Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika (NEA) se gala-aand is drie van Lynn Bootha, eienaar van dié ateljee, se musiekleerlinge as deel van die Top 10-presteerders aangewys. Vier van dié leer was medalje- en itemwenners.

“Die ateljee neem al 20 jaar lank aan NEA deel en het in dié tydperk 14 groot toekennings ontvang. Vanjaar is 40 diplomas en verskeie gouetoekennings verwerf. Ons ateljee is ook aangewys as sewende onder die Top 10. Dis vir ons ‘n baie groot prestasie aangesien die ateljee teen al die hoërskole, laerskole en ateljees in Gauteng moes meeding,” het Lynn gesê.

Tydens NEA 2018 is Elandré Obermeyer as die beste junior in Gauteng-Wes asook beste junior in die kontemporêre kategorie aangewys. Hy was ook ‘n item- en medaljewenner. Heinrich Obermeyer het tweede plek onder die Top 10 gekry en hy was ‘n item- en medaljewenner. Clerise Begg was vyfde onder die Top 10 en ‘n item- en medaljewenner. Nadine Scheepers was ook ‘n item- en medaljewenner.

“Tydens vanjaar se Raca het die ateljee weer uitstekend gevaar. Ons het 69 diamant-, 62 platinum- en 48 gouetoekennings gekry.”

Heinrich is tydens Raca aangewys as die algehele junior wenner vir 2018 asook Junior Vocal-wenner. Hy en Elandré het albei ‘n Award of Excellence/ Diamond Club gekry. Nadine is aangewys as Raca 2018 se algehele juniorwenner in die instrumentale kategorie.

Ander item- en kategoriewenners van die ateljee tydens Raca 2018 was Deoné Scheepers, Denise en Lynetha-Lané Gouws, Hennie Schutte, Monique Pretorius, Caitlin Erasmus, Marisse Huysamen, Larize Delport, Ju-Hanie Wilken en Clerise en Caitlin Begg.

“Ek is baie trots op elke leerling wat deelgeneem het. Dankie aan ons Hemelse Vader vir al die talente wat Hy aan elkeen gee. Elke leerling verbonde aan dié ateljee is baie spesiaal,” het Lynn bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button