NewsSchools

Mnr en Mej Riebeeckrand is …

Die beoordelaars was beïndruk met al die deelnemers wat sprokiesmooi gelyk het. Dit was moeilik om die wenners te kies.

Hoërskool Riebeeckrand het in Augustus hul Mnr en Mej Riebeeckrand 2018 gekroon.

Die spoggeleentheid het in hul skoolsaal plaasgevind met die tema ‘Enchanted Forest’.

“Die junior dogters, en die senior seuns en dogters het elkeen die geleentheid gekry om twee keer op die loopplank te paradeer. Eerstens het al die deelnemers hul verskyning gemaak in hul informele drag, wat die tema uitgebeeld het. Daarna het hulle in formele drag verskyn. Die seuns en dogters was almal uitgevat en reg vir die spoggerige geleentheid,” het Elzeri Wright, Riebeeckrand se woordvoerder gesê.

Mnr en Mej Riebeeckrand-wenners, Collin da Corte (Mnr Riebeeckrand), Tyllin Barnard (Mej Riebeeckrand Senior) en Christelle Vosloo (Mej Riebeeckrand Senior) met hul krone en pryse. Foto: Ingestuur

Die bekende Afrikaanse sanger, Deon Groot het die gehoor vermaak en ‘n gesellige atmosfeer geskep wat die gehoor terdeë geniet het. Die beoordelaars was beïndruk met al die deelnemers wat sprokiesmooi gelyk het.

“Dit was nie vir die beoordelaars maklik om die wenners te kies nie. Riebeeckrand het ‘n uitstekende paneel beoordelaars gehad, waaronder twee baie bekendes, Derick Hougaard en Nádine. Dit was voorwaar vir Riebeeckrand ‘n voorreg om so ‘n bekwame paneel beoordelaars by hul funksie te hê,” het sy gesê.

Riebeeckrand maak met trots bekend wie die wenners tydens dié spoggeleentheid was:

• Mej Riebeeckrand Senior is Tyllin Barnard, 1ste prinses Senior Mckayla Faurie en 2de prinses Senior Amoné Erasmus

• Mej Riebeeckrand Junior is Christelle Vosloo, 1ste prinses Mari de Beer en 2de prinses Devonique Breedt

• Mnr Riebeeckrand is Collin da Corte en 1ste prins JP Bouwer

• Mej Persoonlikheid Senior is Amoné Erasmus

• Mej Persoonlikheid Junior is Megan Engelbrecht

• Mnr Persoonlikheid is Collin da Corte

• Mej Fotogenies Senior is Zené Geldenhuys

• Mej Fotogenies Junior is Jannike Fourie

• Mnr Fotogenies is Victor Basson en Collin da Corte

• Mej Debutante is Simoné van den Berg

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button