Opinion

Toekies #2 op die ranglys van misdaad

Dit kos 'n skelm om 'n skelm te vang – eens gevreesde Untouchable-bende.

Na aanleiding van ‘n ontstellende misdaadbewustheidspamflet wat deur Wawa namens die polisie versprei word, is Toekies nommer 2 op die ranglys van misdaad.

Strate soos Roos, Madeliefie, Diamant en Plakkie (die vierhoeke) word as die hoofmisdaadgeteisterde areas uigewys.

Onder die tema: ‘Veiligheid begin by my – neem beheer’ gaan daar nou daadwerklik opgetree word teen volgehoue oortreders wat die gemeenskap, soos die weduwees, *Aunt Tina, Ma ‘Masenke’ en Aunt Grace White op ons hoek teister.

In ‘n vreemde nadraai van gebeure het die ontwaakte, eens gevreesde Untouchable-bende by monde van Kroon Bowker aangebied om as waghonde op te tree aangesien hulle opgegroei het en volhoudend beskou word as die varke in die verhaal.

“Ons het weggewyk van bendebedrywighede en wil nou saamwerk met Brigadier Manamela om ons kwesbare bejaardes te beveilig,” het Kroon belowe.

“Dit kos ‘n skelm om ‘n skelm te vang,” meen hy.

Nog ‘n pamflet deur Wawa lees: Beskerm ons bejaardes en maak gesamentlik Gauteng ‘n veiliger plek. Enrique Bhana, voorbok van Wawa, is hieroor verheug aangesien hy alle metodiek aangewend het om ledigheid en sinnelose misdrywe te bekamp, selfs werkloosheid onder afgedankte, bevoegde ambagsmanne wat hoed in die hand nie ‘n regeringstoelaag ontvang nie en steun op los werkies (skroppies) om lewenspunte te heg.

Ons kan! Slegs algehele samewerking deur besorgdes word vereis.

Related Articles

Back to top button