NewsSchools

Jannas se Mnr en Mej gekroon

KYK: Dirk van der Westhuizen was die aanbieder van Mnr en Mej Jan Viljoen 2018 waar die mooiste Jannas gekroon is.

Deelnemers aan die Mnr en Mej Jan Viljoen-kompetisie het die gehoor se asems weggeslaan met hul deftige uitrustings. Afrikaanse sanger, Dirk van der Westhuizen was die seremoniemeester tydens die glansgeleentheid.

Al die sitplekkaartjies was uitverkoop.

KYK HIER:

Die 38 deelnemers het die aand afgeskop in hul informele uitrustings, wat hulle daarna vir formele uitrustings verruil het wat hul uniekheid en hul persoonlikhede uitgebeeld het.

Sinead Hall, Mej Jan Viljoen Jnr 2018, Monique van Dyk, Mej Jan Viljoen Jnr 2018 en Danté Fouché, Mnr Jan Viljoen 2018. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die tema van die aand was ‘1938 sjiek’. Hoërskool Jan Viljoen is vanjaar 80 jaar oud en ons het met dié tema teruggegaan na ons stigtingsjare,” het Hermien van Coller, organiseerder van dié spoggeleentheid gesê. “Die saal en elke leerder wat deelgeneem het, het asemrowend gelyk.”

Die beoordelaars van die kompetisie het kenners in die bedryf ingesluit, soos Bianca Rautenbach, Valma Prinsloo, Ralie du Plooy, Riaan Steyn en Samantha Carelse.

Micaylynne Schoeman het in die juniorkategorie deelgeneem. Foto: Jaco-Mari Futcher

Dirk het die gehoor tussendeur vermaak met van sy nuutse en gewildste treffers.

Die wenners van die kompetisie is as volg:

• Mej Jan Viljoen Snr is Monique van Dyk; Micayla Duarte (eerste prinses) en Mariska Kruger (tweede prinses)

• Mnr Jan Viljoen is Danté Fouché; Lesoiti Thebe (eerste prins) en Jamie van Rensburg (tweede prins)

• Mej Jan Viljoen Jnr is Sinead Hall; J-Dee Hild (eerste prinses) en Micaela Kannemeyer (tweede prinses)

• Mej Persoonlikheid Jnr is Megan Venter

• Mnr Persoonlikheid is Thiaan van Niekerk

• Mej Persoonlikheid Snr is Monique van Dyk

• Mej Debutante is Emmie Harmse

• Mnr Fotogenies is Jamie van Rensburg

• Mej Fotogranies is Nicole Roodt

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button