Local newsNews

KYK HIER: Country-legende kuier vir dorp

Clive Bruce het die afgelope naweek die gemeenskap in Elandsvlei vermaak.

Die country-legende Clive Bruce het saam met ander plaaslike kunstenaars Randfonteiners op Sondag, 12 Augustus by die Driftwood Lapa in Elandsvlei vermaak.

Die ander kunstenaars is Driekus du Plessis, Marlé Fourie en Njabulo.

“Die mense van die dorp sê dat hier nie oor naweke veel is om te doen nie, nou gee ons hulle iets om te doen. Ons van Marché Entertainment probeer om gereeld optredes deur bekende kunstenaars te reël sodat die Randfonteiners lekker saam kan kuier. Ons is baie opgewonde oor Clive Bruce se optrede, want niemand kan die ritme van country-musiek weerstaan nie,” het Marlé gesê. Sy het ook die dag aangebied.

Dalien Steenkamp, Mev Randfontein 2018 asook Tinique de Beer, Junior Mej Randfontein 2018 het saam met Randfonteiners gekuier tydens dié vertoning. Foto: Jaco-Mari Futcher

Clive het die gehoor met ou country-treffers vermaak en die skare het uit hul harte saamgesing wanneer hy liedjies van Elvis Presley en ander legendes gesing het.

Die dag was propvol vermaak vir oud en jonk. Daar was danskompetisies, baie kosstalletjies en ‘n springkasteel.

Dalien Steenkamp, Mev Randfontein 2018 asook Tinique de Beer, Junior Mej Randfontein 2018 het saam met Randfonteiners gekuier tydens dié vertoning.

Marlé Fourie het gesing terwyl Clive Bruce reggemaak het om op te tree. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Volgens Chariska Theunissen, een van die organiseerders, kan die dorp uitsien na talle vertonings van kunstenaars van regoor Suid-Afrika.

“Op Sondag, 9 September gaan Manie Jackson hier by Driftwood Lapa optree. Marulaboom kom op Sondag, 4 November die gehoor vermaak. Op 2 Desember gaan ons heeldag saam met Anton Fitchat, Luanel, Francois du Toit, Betty Jean, Suzette en Die Ventertjies kuier. Daar gaan beslis groot makietie gehou word,” het Chariska belowe.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button