NewsSchools

VIDEO: Riebieeckrand wen ‘Die Tennis Tune’-kompetisie

As wenners van die kompetisie het Riebeeckrand ‘n vertoning van die Flooze en Dirk van der Westhuizen gewen.

Hoërskool Riebeeckrand het vir ’n videokompetisie ingeskryf en hulle het ’n optrede deur van twee gewilde Afrikaanse sangers as prys losgeslaan.

Die sangers Dirk van der Westhuizen en Sorina Erasmus, laasgenoemde beter bekend as Die Flooze, het aan die begin van die jaar ‘n kompetisie vir skole met hul bekende liedjie Die Tennis Tune geloods. Deelnemende skole moes na Die Tennis Tune-musiekvideo op YouTube gaan kyk en die Tennis Tune-dans geleer het. Daarna moes hulle ‘n video neem van waar hulle die Tennis Tune dans.

Sorina Erasmus, beter bekend as ‘Die Flooze’ tydens haar vertoning by Hoërskool Riebeeckrand. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die video waarna die meeste gekyk is en likes gekry het, is as die wenners gekroon. Hoërskool Riebeeckrand het die geleentheid met altwee hande aangegryp en die hele skool deel gemaak van die kompetisie. Elke leerder, personeellid en selfs die skoolhoof was deel van Riebeeckrand se Tennis Tune-dans,” het Elzeri Wright, die skool se skakelbeampte gesê.

“Die video het Riebeeckrand se trots, gees en eenvormigheid weerspieël. Riebeeckrand se video het verreweg die meeste besigtigings en likes gehad en ons skool is as die wenners van dié kompetisie gekroon,” het Elzeri gesê.

Die Flooze en Dirk het die gemeenskap op Woensdag, 1 Augustus, in Riebeeckrand se skoolsaal vermaak.

Kyk na Hoërskool Riebeeckrand se video-inskrywing hier:

https://www.facebook.com/SorinaFlooze/videos/1860181640699023/

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button