Local sportSport

Mans én vroue wys hul spiere by Oval Renbaan

Karre is omgegooi, trokke is gesleep en swaar gewigte is opgetel tydens Randfontein Oval Renbaan se eerste Sterkmankompetisie in 22 jaar.

Mans en vroue het tydens die Randfontein Oval Renbaan se Sterkmankompetisie op Saterdag, 30 Junie die kans gekry om te wys wat in hulle steek.

Hulle het karre omgegooi, trokke gesleep en swaar gewigte opgetel om hul krag te toets. Ja, die vroue ook!

“Dit was ons eerste sterkmankompetisie in 22 jaar maar ons gaan dit nou ’n jaarlikse instelling maak,” het Marilize Coetzee, een van die promotors van Randfontein Oval Renbaan gesê.

Daar was altesaam 12 deelnemers en die verskillende afdelings het vir baie vermaak vir die toeskouers gesorg. Sommiges het teen die einde van die kompetisie motivering van die toeskouers nodig gehad om al die toetse te voltooi.

Chantall McCarthy het gewys dat vroue ook ‘n kar kan omgooi. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die kompetisie was so taai soos die deelnemers se spiere, maar teen die einde van die kompetisie is Dirk Basson en Melissa Sweeney as die wenners van onderskeidelik die mans- en vroue-afdeling aangewys .

Randfontein Oval Renbaan en Planet Fitness het die wenners se pryse geborg.

In die tweede plek was George Lopes en Chantall McCarthy, en in die derde plek was Luan Grimbeek en Emalda Julius.

“Ek dink vir ons eerste probeerslag was dit ’n harde kompetisie. Deelnemers het ’n jaar om voor te berei vir die volgende een so ons verwag nog taaier deelnemers,” het Marilize bygevoeg.

Wat die resies op die dag aanbetref is die resultate as volg ..:

• 1660’s: Eertse was Hano Trichardt met Benjamin Morgenrood tweede en Alwyn Ludick derde
• 2100’s: Eerste was Barend du Plessis met Gideon van Zyl tweede en Heinrich Hartman derde
• Hotrods: Eerste was Gideon van Zyl met Pierre Lubbe tweede en Gert Kruger derde
• 8V en 16V Midgets: Eerste was Shaun de Koker met Jan de Bruyn tweede en Francois Walstrand derde. Roelof Wolvaardt was eerste in die 16v Midgets-kategorie
• Flexi’s: Eerste was Ben Morgenrood en Deon Coetzee Snr tweede
• SideCars: Eerste was Kallie Britz en Simoney Barkhuizen met Konrad Spike en Leon ten Krooden tweede
• Rookies / Stockrods / Ninja’s: Este Bester Lubbe, Andre Pretorius en Helgard Westraad het al drie die eerste plekke bekleë in die verskeie afdelings
• Kiddies: Eerste was Stian Smit

Die volgende groot byeenkoms by die Randfontein Oval Renbaan vind plaas op Saterdag, 28 Julie (8V Midget Challenge).

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button