Riebeeckrand-eersterugbyspan wen liga!
Hoƫrskool Riebeeckrand glimlag van oor tot oor nadat hul eersterugbyspan die liga gewen het.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2018/06/Riebeeck_39232.jpg)
Personeel en leerders van Hoƫrskool Riebeeckrand glimlag van oor tot oor nadat hul eersterugbyspan die liga gewen het.
Op Saterdag, 14 Junie is die kampioene gekroon toe hulle vir Leeuwenhof Akademie in ‘n spannende eindstryd met 34ā29 geklop het.
Riebeeckrand se groot rugbyborg, Mapogo Security, het die seuns op Vrydag, 22 Junie met ān ontbyt bederf om hul oorwinning te vier.
Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, speel die eerstespan en die o.16ās ā wat derde in hul liga geĆ«indig het ā op 28 Julie in die kwalifiserende wedstryde van die Virseker Beker-kompetisie.
Die eersterugbyspan het gedurende hul seisoen 20 wedstryde gespeel waarvan hulle 13 gewen het.
Goeie oorwinnings die afgelope seisoen sluit in teen Jan Viljoen ā waar Riebeeckrand vir die tweede agtereenvolgende jaar as die wenners uit die stryd getree het; teen Linden waar Riebeeckrand naelskraap met 27ā26 geseĆ«vier het, asook ‘n oorwinning van 25ā17 teen Dinamika.
Bo en behalwe die span se uitsonderlike prestasies is die eerstespankaptein, Christoff Kleyn in die Goue Leeus Akademie 15-tal opgeneem.
“Ons wens die seuns en hul afrigter, Stephan Earle, geluk met hul pragtige prestasie. Ons is ook baie trots op Christoff en wens hom alle sterkte toe met sy rugbyloopbaan,” het Elzeri gesĆŖ.
Het jy dalk meer inligting rakende diĆ© storie?Ā Stuur gerus vir ons ‘n e-pos naĀ randfonteinherald@caxton.co.zaĀ (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistesĀ
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg WestĀ Magazine
Besoek ook onsĀ Facebook, TwitterĀ enĀ InstagramĀ blaaie om jou stem te laat tel!